Corné Bence (voorsitter), Heinrich Gryffenberg (tesourier), Corné Botha (pad- en bergfietsdirekteur), Celina May-Aries (skole) en Vicky Scheepers (vroue- en paralimpiese fietsry) is verlede Vrydag in Bellville, Kaapstad tot die nuutgestigte organisasie verkies.
Lede van SWD, Boland, Weskus en WP het die vergadering bygewoon.
Wes-Kaap Fietsry sal voortaan ’n proaktiewe benadering volg om die Wes-Kaap die vooraanstaande provinsie vir fietsry te maak. Wes-Kaap Fietsry sal ook optree as ’n sambreel organisasie vir fietsry in die Wes-Kaap.
Die Oudtshoorniete wat verkies is tot die bestuur van Wes-Kaap Fietsry is, van links, Vicky Sceepers, Corné Bence, Heinrich Gryffenberg, Celina-May Arries en Corné Botha. Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'