OUDTSHOORN NUUS - Die 14de jaarlikse Battle of the Karoo-skopbokstoernooi het op 1 Maart met groot sukses in Oudtshoorn plaasgevind.
Die geleentheid word deur Grebe's-skopboksklub aangebied.
Ranger Grebe, eienaar en stigter van Grebe's-skopboksklub sê hierdie toernooi het 'n uitstekende platform geskep om vir skopboksers van verskillende vlakke geleentheid te gee om deel te wees van 'n kompetisie.
"Die Battle of the Karoo is nie net 'n geleentheid om te kompeteer nie, maar ook om die skopboksgemeenskap te versterk. Dit bied skopboksers die kans om hul talent ten toon te stel en ervaring op te doen in 'n ondersteunende omgewing."
Deelnemers van verskeie klubs regoor die Wes-Kaap en Oostelike Provinsie het aan die kompetisie deelgeneem.
Klubs wat deelgeneem het sluit Blanco George, DMF George, Botha's J-Bay OP, SASL George, Mile High OP, Wings of Glory Kaapstad, Strydom's OP, SKA Plett, ASKK Knysna, Stilbaai-skopboksklub en Elite MMA Kaapstad in.
Volgens Grebe groei die Battle of the Karoo in populariteit en belangrikheid, en is dit duidelik dat dit 'n belangrike gebeurtenis op die skopbokskalender is.
"Ons sien uit daarna om volgende jaar weer almal te verwelkom vir nog 'n onvergeetlike toernooi. Die 14de Battle of the Karoo was 'n groot sukses, en ons hoop om meer atlete in die toekoms aan te moedig om deel te neem aan hierdie wonderlike sport. Ons sien reeds uit na volgende jaar se 15de Battle of the Karoo wat nog meer opwinding, oorwinning en nuwe kampioene gaan oplewer."
Hy het ook alle borge bedank.
Die Wes-Kaapse skopbokkampioenskappe vind 3 en 4 Oktober in Oudtshoorn plaas en die SA kampioenskappe word in April 2026 hier gehou.
Grebe se skopboksers
Een-en-vyftig skopboksers van Grebe's-skopboksklub het vir die kompetisie ingeskryf waarvan party meer as een medalje verwerf het. Een-en-veertig van hulle het goud verower, 30 silwer en 15 brons.
• Gideon du Plessis
• Liam Hallatt
• Marlo Kruger
• Luka de Jager
• Ethan Truter
• Aaron Bence
• Juvan Basson
• Luka Trollip
• Estehan Ellis
• Josias Weyers
• Marco Smit
• Malansa Cassara
• Dian Botha
• Tertius Botha
• JJ Hallatt
•JJ van den Heever
• Heinrich de Jager
• Xander van Jaarsveldt
• Marzaan Barnard
• Regardt van der Merwe
• Yoshua Cronje
• Gideon Eloff
• Lukas van Rooyen
• Stian Jonker
• Reon Lombard
• Hailie van Rensburg
• Philip Fourie
• Hugo Lötter
• Wian Viljoen
• Renier Kruger
• Gideon De Villiers
• Jonathan Truter
• Gideon van Antwerp
• Rebecca Greeff
• Logan van Jaarsveldt
• Franco Smit
• Tiaan Nel
• Jaco van der Merwe
• Divan van Deventer
• Dirk- Harold Mostert
• Cole Griffin
• Tristan Beets
• Liam de Wit
• Megan Heyns
• Heath Claassen
• Anando Olivier
• Audan Olivier
• Divan Rademeyer
• Simon Greeff
• Wian Grebe
• Chaunique Bruce
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’