OUDTSHOORN NUUS - Grebe's-skopboksklub het onlangs aan hul eerste interprovinsiale skopboks-kampionskappe (Eden South Cape Challenge) van die jaar in George meegeding en verskeie medaljes ingeryg.
Klubs van Eden en OP het ook deelgeneem.
Vanuit die groep wat by dié kampioenskappe deelgeneem het, sal daar 'n span gekies word wat later vanjaar aan die Wes-Kaap en SA kampioenskappe gaan deelneem.
So het die span gevaar:
- Aidan Bruiners (twee goues)
- Reon Lombard (brons)
- Stian Jonk (silwer en brons)
- Logan Ellis (twee goues)
- Dirk Mostert (twee silwer)
- Hailie van Rensburg (goud en silwer)
- Divan van Deventer (goud en silwer)
- Jenovin Fortuin (goud en silwer)
- Ben Greeff (goud en brons)
- Megan Grebe (silwer)
- Anando Olivier (twee goues)
- Mario Cassara (silwer)
- Divan Rademeyer (goud en silwer)
- Wian Grebe (goud en silwer)
- Simon Greeff (twee silwer)
- Maarten Krüger (goud).
Ranger Grebe (links) spog met sy studente wat medaljes by die interprovinsiale-skopbokskampioen-skappe verower het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'