OUDTSHOORN NUUS - Die Eden Golden Games vind Saterdag 12 Augustus op die De Jager-sportterrein in Oudtshoorn plaas.
Verrigtinge begin om 08:30 met 'n fiksheidstoets.
Om 10:10 sal Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, die spele amptelik open.
Daarna sal die Eden-distriksmunisipaliteit se burgemeester, Memory Booysen aan die woord wees. Al die spanne sal van 10:45 tot 10:55 voor die pawiljoen verbystap.
Na afloop van die sportprogram sal die Eden-span aangekondig word.
Die sportprogram is:
11:00: 500 m-stap, rugbybal gooi, jukskei en doelskoppe
11:15: 800 m-baanitem
11:30: Eendstap
11:40: Dress up-resies
11:45: 100 m-baanitem; Bal gooi en skop; Bal-aflos; Pegging washing pegs; Ring the stick
11:55: 200 m-baanitem
12:05: 400 m-baanitem
12:10: Passing the ball
12:20: 4 x 100 m aflos
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'