OUDTSHOORN NUUS - Leerders van Langenhoven Gimnasium het onlangs in rugby, netbal en hokkie presteer.
Netbal
Twee dogters is in die Wes-Kaapse natbalspan opgeneem.
Rugby
Twee rugbyspelers is na afloop van die o. 16-SWD-rugbyproewe vir die o. 16-SWD Grant Khomo-span gekies.
Wernig Oberholster (links) en Farrel Dido is vir o. 16-SWD Grant Khomo-rugbyspan gekies.
Hokkie
Een hokkie-leerder is gekies vir die Eden o.14-A-hokkiespan wat gedurende die Junie-vakansie aan die IPT-toernooi gaan deelneem.
Ruan Janse van Rensburg is gekies in die Eden o. 14-A-hokkiespan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’