OUDTSHOORN NUUS - Die SA Jagters Oudtshoorn het Saterdag 28 September 'n Viper Bullets Black Jack-ghong skietgeleentheid 16 km buite Oudtshoorn op die Mosselbaai-pad gehou.
Volgens Rob Fisher is die geleentheid op Hein Schoeman se plaas aangebied en was dit 'n reusesukses.
Daar was verskillende grootte ghonge wat op 400 m geskiet is en ook 'n gewone skietuitdaag op die .22-ghongbaan.
"Ongeveer 20 skuts en in totaal 30 mense was teenwoordig."
Monty Bylsma was eerste, Micheal de Klerk tweede en Gerhard van As derde.
![]() Monty Bylsma | ![]() Rob Fisher en Gerhard van As |
"Daar word nog twee skietdae vir die seisoen beplan waarvan een 'n pretdag gaan wees."
Fisher het ook die borge van die dag, Karoo Lusern, Hennie Landman, JJ's Straight Shoot en Klein Karoo Carpet bedank.
Vir meer inligting kontak Fisher by 083 284 8462.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’