TUINROETE DISTRIK SPORTNUUS - Die Eden-tweekampfederasie, in samewerking met die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport en die Oudtshoorn Christelike Jeugforum, het verlede Woensdagaand 'n gratis kapasiteitsbou-werksessie in Oudtshoorn aangebied met die klem op vroue en persone met spesiale behoeftes.
Streng Covid-19-regulasies het gegeld en dus kon net 30 deelnemers dit bywoon.
Na afloop van die werksessie het deelnemers 'n vaardigheidsertifikaat asook 'n ligte verversingspakkie ontvang.
Stephnie McKay (inskrywings, programme, algemene admini-strasie) en Dave van der Walt (tydhou, beamptes, algemene beamptereëls) was die aanbieders terwyl Jean Neethling (DCAS) die verrigtinge geopen het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'