SPORT NUUS - Twee skermers van Eden-distrik het die afgelope naweek deelgeneem aan die Limpopo Internasionale Skermkompetisie in Polokwane.
Tyla Rae Glynn het 'n bronsmedalje verwerf in die o. 17-kategorie ten spyte van voedselvergiftiging wat sy opgedoen het.
Om te presteer wanneer die liggaam nie 100% is nie, verg uitsonderlike sterk psige en Tyla Rae het weer bewys dat sy 'n atleet van formaat is.
Die 17-jarige Britney Adonis van Hoërskool George het met die louere weggestap toe sy 'n goue medalje in die o. 20-meisiesafdeling behaal het.
Haar afrigter, Susan Agrella, sê hoewel sy sesde op die ranglys was na die rondomtalierondte, en 'n baie tawwe, uitdagende pad gehad het na die halfeindstryd, het Britney met 'n ysere wil en berekendheid geveg om haar plek as nommer een in te neem.
"Jare se toewyding en harde werk het uiteindelik vrugte afgewerp."
Tyla Rae Glynn het 'n brons-medalje huis toe gebring ten spyte van voedselvergiftiging wat sy opgedoen het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’