NETBAL NUUS - Die o.19 Eden-vroue-netbalspan het Maandag 10 Julie goed begin in die TNC Telkom Junior Netbalkampioenskappe.
Die span het sy eerste wedstryd teen Fezile Dabi met 37 - 20 gewen. Die geleentheid het Maandag in Bellville begin en hou tot Vrydag aan.
Volgens Michelle Scholtz, die spanbestuurder, neem 88 spanne vanoor die land deel. Dis 'n jaarlikse geleentheid en word op 'n uitklopbasis gespeel.
"Die wedstryde word in 'n baie goeie gees gespeel," het Scholtz gesê.
Agter, van links is Kim Syfers (afrigter) Chandré Swartz (tydhouer), Dominique Coetzee, Kayleigh Hendricks, Michelle Scholtz (bestuurder),Samantha Kretzmann (tydhouer) Angie Tlali, Fadielah Murphy, Uzuzingce Ngcetane. Voor: Simika Bouw, Caitlin Kreztmann, Liya Swanepoel, Kaylan van Heerden (onderkaptein) en Megan Minnies (kaptein).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’