OUDTSHOORN NUUS - Eagles-dominoklub is verlede Sondag by die Bridgton-sportterrein (klubhuis) as die wenners van die Groter Oudtshoorn Domino-unie gekroon.
Die spanne wat deel uitgemaak het van vanjaar se toernooi was Dragons, Duduza, Eagles, Golden Stars, Lazers, Mighty Warriors, Neppon Warriors, Rebels, Rotweilers, Tornado's, United Warriors, Volmoed en Vikings.
So het die spanne gevaar:
Halfeindstryd
- Dragon's klop Mighty Warriors met 67 punte teenoor 65 punte.
- Eagle's klop Duduza met 67 punte teenoor 63 punte.
Eindstryd
- In die eindstryd het Eagles die gedugte span van Dragons met 66 punte teenoor 65 geklop.
- Mighty Warriors, die nuweling in die liga, het die derde plek ingepalm.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’