DYSSELSDORP NUUS - Sportliefhebbers van Dysselsdorp het Donderdag 2 Oktober die sport-forum vir die dorp weer laat herleef met die verkiesing van 'n komitee wat voortaan sportsake sal hanteer.
Onder leiding van Andries Jacobs wat as voorsitter verkies is, word daar gehoop dat verskeie sportsoorte en veral rugby en krieket in die dorp gaan herleef.
Die res van die bestuur is as volg: Gabriel Majolla (ondervoorsitter), Bertram Jantjies (wedstrydsekretaris), Hendrik Botha (sekretaris), Shane Baartman (tesourier), Weslin Oktober (hulpsekretaris) en Rosemary Job (media).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’