SPORTNUUS - Die Eden-driekampatlete het die nuwe jaar behoorlik op Sondag 12 Januarie ingewy met die eerste kampioenskap van die jaar - en die gietende reën het nie hulle geesdrif gedemp nie.
Die geleentheid is in Groot-Brakrivier aangebied en uitstekend ondersteun.
"Ons wil graag elkeen bedank vir hul ondersteuning en deelname, veral die borge wat gesorg het vir heerlike pryse, Salt / Core, Royal Swimming Academy en die Eden-driekampfederasie," sê Lindie Lötter.
Die span wat by die SA naelrenkam-pioenskappe op 16 Maart in Benoni, Gauteng, gaan deelneem, sal binnekort aangekondig word.
Gaan loer gerus op www.edentriathlon.co.za of Instagram: edentriathlon - vir verder inligting asook die volledige uitslae.
Uitslae
Super naelren (super sprint)
(400 m-swem, 10 km-fietsry, 2.5 km-hardloop):
Mans/seuns:
- Johannes Brink 00:35:42
- Noah Habib 00:38:43
- Cameron McEwan 00:39:19
Vroue/dogters:
- Duné Haasbroek 00:39:03
- Milanke Haasbroek 00:45:11
- Dannah Mosterd 00:50:20
Span:
- Team Trihards 00:43:26
Naelren (sprint)
(750 m-swem, 20 km-fietsry, 5 km-hardloop):
Mans:
- Bonga Nkqintiza 01:01:46
- Sebastian Swart 01:03:07
- Jean-Paul Van Dyk 01:06:16
Vroue:
- Lome Gouws 01:03:26
- Karli Lötter 01:06:29
- Amelia Manning 01:08:09
Standaardafstand
(1 500 m-swem, 40 km-fietsry en
10 km-hardloop):
Mans:
- Roelf Vermeulen 02:08:49
- Rick Matter 02:09:19
- Kobus Meyer 02:12:38
Vroue:
- Jo-Mari Smith 02:24:43
- Esrie Loock 02:27:55
- Bettina van Wyk 02:28:17
Spanne:
- Team Ulrich Fanus 02:35:23
- Team Standers 02:42:44
Jo-Marie Smith was die wenner in die standaardafstand vir vroue.
Herman Manning (links) en JP van Dyk.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’