NETBALL NUUS - 'n Plaaslike netbalspan, Dreamers, het onlangs groot sukses behaal toe hulle na De Doorns getoer het waar hulle as algehele wenners in 'n netbaltoernooi gekroon is.
Volgens die stigter van Dreamers, Zelda September, het sy besluit om die span op die been te bring omdat sy in ’n gebied woon waar dwelmgebruik hoogty vier onder die jeug en veral dogters.
"Ek het besef ek sal iets moet doen sodat die jeug hul tyd aan iets meer konstruktief kan bestee. Aanvanklik moes ek al die onkostes self betaal, maar het ek intussen vir Loretta Williams ontmoet wie se droom dit ook altyd was om so 'n projek te begin, en saam het ons die Dreamers laat groei."
"Uit die aard van die saak is daar is nog baie wat ons vir die jeug wil doen, maar ons fondse is ongelukkig uitgeput. Ons wil graag ook Moos William bedank vir dit wat hy vir ons doen en beteken."
Persone of instansies wat betrokke wil raak kan September by 064 263 4570 kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’