120 ryers van ses unies ding hier mee om span- asook individuele pryse.
By die openingseremonie wat Dinsdagoggend by die Pearl of Oudtshoorn Hotel gehou is, het Neels Olivier, president van DKD-fietsry vertel dat hierdie die eerste byeenkoms is wat deur DKD gereël is.
Volgens Olivier is daar sowat 500 aktiewe fietsryers verbonde aan DKD wat reeds `n suksesvolle wedren in Bloemfontein, die OFM Classic, aanbied. Die burgemeester van Groter Oudtshoorn, Gordon April, het weereens die munisipaliteit se toewyding tot sportontwikkeling bevestig. "Die munisipaliteit het `n besluit geneem om in sport te investeer om sodoende sporttoerisme in die streek te bevorder en by te dra tot die ekonomiese ontwikkeling van ons dorp."
Woensdag het die padwedrenne plaasgevind en Donderdag die bergfietswedrenne.
Burgemeester van die Groter Oudtshoorn, Gordon April, area-kommissaris Ndileka Booi, Neels Olivier, president van DKD-fietsry en kapelaan Faleni was onder diegene wat Dinsdagoggend by die Pearl of Oudtshoorn Hotel was met die opening van die DKD Nasionale Fietsrykampioenskappe. Foto: Jacques Swart