OUDTSHOORN NUUS - Yolandi de Villiers en die egpaar Fienie en Kobus Barnard is sover die voorlopers in die gemengde afdeling van die Cape Pioneer Trek wat die naweek in Mosselbaai begin het.
Yolandi spring môre met ‘n voorsprong van 54 minute weg, gevolg deur Fienie en Kobus. Hulle word môre oggend om ongeveer 10:45 by Langenhoven Gimnasium verwag.
Karen Brouwer van Nederland en die Duitse Cemile Trommer was teen vandag steeds die algehele vroue voorlopers.
Matthys Beukes van George en sy spanmaat Phillip Buys was teen vandag die algehele mans voorlopers.
Die tiende Cape Pioneer Trek het vanjaar meer as 300 inskrywings van oor die hele land en die buiteland ontvang.
Deelnemers sluit onder andere verlede jaar se wenners Alan Hatherly en Matthew Beers, asook Manuel Pleim en David Schöeggl (KTM Pro Team), Robbert de Nijs and Erik Groen van Nederland, en Gerbon Mos en Tim Smeenge (KMC Fruit to Go) in. Beers neem vanjaar saam met Suid-Afrikaner Nico Bell in ‘n span deel, terwyl die Suid-Afrikaanse Hatherly vanjaar saam met Simon Andreassen van Denemarke deelneem.
Nog vroue om dop te hou sluit Yolandi du Toit en spanmaat Catherin Williamson van die Verenigde Koninkryk in.
Die sewe-dag toer van altesaam 496 km het by Milkwood Primary in Mosselbaai begin en eindig op Saterdag 20 Oktober by die Queens Hotel op Oudtshoorn waar toeskouers die eerste ryers vanaf 09:00 die oggend kan verwag.
Môre se skof van 115 km tussen George en Oudtshoorn volg ‘n moordende roete oor die Outeniquaberge en deur die Kammanassie.
Matthys Beukes en Phillip Buys
Yolandi de Villiers
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'