Die 1660-klas het ook nie teleurgestel nie. Christopher Burish met sy R-Tec Racing VW Golf was duidelik daarop uit om `n punt te bewys. Die aand se hoogtepunt was dan ook sy twee-stryd met Burger van der Westhuizen met sy RGR VW Polo. Die twee het vir bykans die hele wedren kop-aan-kop gejaag met Burish wat uiteindelik daarin kon slaag om sy neus voor te kry. Burish het ook die finaal gewen.
In die Ontwikkelingsklas was dit die Golfies wat mekaar opgedreun het. Hier het Arno Shawe die aand se finaal gewen met sy pragtig voorbereide VW Golf. Rohan Swanepoel was tweede, ook in `n VW Golf met Robert Matthee derde ook in `n VW Golf.
Danie Botha het skitterend in die 2.1-klas gejaag en die klas gewen met sy JD`s Pub VW Polo.
Die Heavy Metal-klas is deur André le Roux met sy pragtige DREMA BMW gewen. Een van die groot gunstelinge, Louis Jansen moes ongelukkig onttrek toe sy arm in die stuur verstrengel geraak het, en hy sy arm op twee plekke gebreek het.
Die Gemodifiseerde v8-klas is gewen deur Bennie Greyling met sy vinnige Benver Ra-cing Chev flexi. Tweede was Bennie de Bruyn, agter die stuur van Greyling se nuwe motor. De Bruyn het die motor ingeskryf om hom opgestel te kry vir Greyling.
Die Lexus-klas is gewen deur Jan Wessels van Heidelberg.
Die volgende byeenkoms vind plaas op 6 Desember op Oudtshoorn.
Hendricus Botha (E555) met sy haastige Ford Fiesta en Sydney van Rensburg (G26) in sy Syrah Racing Datsun SSS werk mekaar se gal. Foto's: Francois Germishuys
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'