Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Twee plaaslike skopboksers, Wian Grebe en Chaunique Bruce, is Donderdagaand, 27 November, tydens die Burgemeester-sporttoekenningsgeleentheid in die Oudtshoorn-burgersentrum aangewys as onderskeidelik senior sportman en senior sportvrou van die jaar.
Hier volg die volledige toekennings:
Primêre skole
Sportspan van die jaar
Saturnus-trompoppies (Saturnus Primêr)
- Hulle het ondermeer eerste plek by die South African Majorette and Cheerleading Association 2025 nasionale kompetisie verower.
Afrigter van die jaar
Jamie Lee Botha (Saturnus-trompoppies)
Sportvrou van die jaar
Helena Lourens (Laerskool Wesbank)
- Eerste plek in 1 200 m by Wes-Kaap en Eden-atletiek.
- Derde plek by SA atletiekkampioenskappe.
- Provinsiale kleure in duatlon en landloop.
Sportman van die jaar
- Nickyle Augustus
- Vinnigste o. 12 100 m-atleet in Suid-Afrika.
- Eerste plek by SA atletiek.
- Deelname aan Craven Week o. 13 en o. 12 SWD-rugby.
Ererol
Raymondo Botha, wat vroeër vanjaar oorlede is. Hy het vir All Blacks RFC, Collegians RFC en Bridgton RFC uitgedraf.
Zoe Tyatya, onderburgemeester, saam met die sportlegendes. Van links is Johann Coetzer, Garnett Wicomb, Jason Jaftha en Izak Boshoff. Foto verskaf
Sportlegendes
- Jason Jafta (marathon)
- Voltooi 32ste Comrades (brons) en wen goud tydens die Outeniqua-marathon en Cango-marathon.
2. Garnett Wicomb (tennis)
- Kaptein van SA 80+ span by ITF Wêreldkampioenskappe in Kroasië.
3. Johann Coetzer (atletiek)
- Goud in 100 m, 200 m en verspring; nuwe SWD-rekords; nasionale kleure.
4. Isak Boshoff (fietsry)
- Oudlid van Oudtshoorn-fietsryklub sedert 1966, 37 jaar klubkampioen, verteenwoordig verskeie provinsiale spanne.
Hoërskole
Afrigter van die jaar
Megan Presher
- Nasionale afrigter (Elite-afdeling, derde plek).
- 10 atlete ontvang SA kleure.
- Eerste plek in al 10 provinsiale kategorieë.
- Rig SWD-spanne tot tweede plek tydens interprovinsiale kompetisie af.
Sportspan van die jaar
Oudtshoorn Vaardigheidskool (toutrek, 460 kg).
- Tweede plek (silwer) by SA junior-kampioenskappe.
- Vierde plek by Wes-Kaapse Westcliff-toernooi.
Sportvrou van die jaar
Tameré Stewart (tennis)
- Eden se nr.1 meisiestennispeler.
- Gekies vir SA skolespan, toer na Londen (Junie 2025).
- Wen al haar enkels by Synergy Cup.
- Mandela Summer Challenge o. 16-wenner.
Sportman van die jaar
Fourie Delport (14)
- Langenhoven Gimnasium se nr.1 seunstennisspeler.
- Eden o. 15-spanlid.
- Grand Prix o. 14-enkelswenner.
- Onoorwonne tydens skoolseisoen.
- Gekies vir SA skolespan vir internasionale toernooi in Londen.
Skole-sportadministrateur
Celina Aries
- Bestuur nege Eden-fietsryers in SA top-30.
- Twee Wes-Kaap-fietsryers onder SA top-10.
- Wenner van 2025 Premiers-toekenning.
In die middel is Garnett Wicomb, wie as tennis-legende vereer is, saam met Oudtshoorn se hoërskole sportman- en vrou van die jaar wat ook in tennis presteer het. Links is Fourie Delport en regs is Tamaré Steward. Foto verskaf
Junior kategorie
Junior sportvrou
Lumé de Koker
- Goud by SA kampioenskappe (trampolien gimnastiek, vlak 7).
Junior sportman
Shaun Boshoff
- Derde plek by Internasionale Sterkman Spele (VSA).
- Amptelike rekord vir 291 kg axle bar (18cm).
Senior kategorie
Senior sportadministrateur
Karen Bence
- Enigste vroulike nasionale skeidsregter vir pad, baan en bergfiets.
- Internasionale erkenning.
- Hoofskeidsregter by SA Elite padkampioenskappe, Tour de Cup en Kaapstad-fietstoer.
Senior sportspan
Union Stars eerste span
- 2024/2025 Premier Liga-wenners.
Senior afrigter
Elridge Booysen (Union Stars)
- Hoofafrigter van die 2024/2025 Premier Liga-wenners.
Senior sportvrou
Chaunique Bruce (skopboks)
- Twee goud by Battle of the Karoo
- Goud by Eden-, Wes-Kaap- en SA nasionale kampioenskappe.
Senior sportman
Wian Grebe (skopboks)
- Goud en silwer by Battle of the Karoo.
- Twee goud by Eden- en SAKA nasionale kampioenskappe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’