OUDTSHOORN NUUS - Gerrit van Rensburg en Ettienne Roos was Woensdag met 48 Stableford-punte die wenners van vanjaar se eerste vierbal-beterbal Oudtshoorn Besigheidskamer-gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub.
Die dag is deur Suid-Kaap Finansiële Dienste geborg.
Jaco Mortlock en Louis Fourie (senior) was tweede met 45 punte met Nolan Dreyer en Anton Theunissen in die derde plek met een punt minder.
Hierna het gevolg C Groenewald en Petrus Gouws (44), Marius Wilkens en Dirk Kulsen (43), Francois Verwey en Bernard Griebenouw (42), Pieter van Greunen en Gideon Badenhorst (42), Terry van Coller en Louis Slabbert (41), Bennie van Zyl en D Venter (41) en Higgo Jacobs en Neil Truter (41).
Jaco Mortlock het 'n arend op die syfer vier veertiende putjie aangeteken, terwyl Petrus Gouws, 'n nuwe lid, 'n spogtwee op die twaalfde putjie aangeteken het, Bennie van Zyl op die derde en Dean van Dyk een op die vyftiende putjie.
Hannes Smal (veertiende) en Van Zyl (derde) het die naaste-aan-die-pen pryse opgeraap.
Altesaam 48 spelers het deelgeneem.
Die volgende Besigheidskamer-gholfdag vind plaas op 7 Maart met Slabber en Slabbert as borg van die dag.
Die klub se algemene jaarvergadering word op 22 Februarie in die klubhuis gehou.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'