OUDTSHOORN GHOLF-NUUS - Alhoewel slegs 40 gholfspelers aan Woensdag se besigheidskamer-gholfdag deelgeneem het, was die kompetisie tussen die wenners hoog.
Die Cigna maatskappy van Melcus en Steph Nel, was die borge van die dag. Ettiene Roos en Lollies Janse van Rensburg was eerste met 43 punte. Kort op hulle hakke, ook met 43 was Franccois Verwey en Barries Griebenouw en die derdeplekwenners, ook met 43, was Louis Fourie en Kirsten Bredekamp.
W. Phillipus en A. Plaatjies (42), D. Barnard en G. Badenhorst (41) en die span van I. Laubscher en C.Rex (41) was onderskeidelik vierde, vyfde en sesde.
Die volgende gholfdag van die besigheidskamer is Woensdag 7 November.
Louis Fourie en Kirsten Bredekamp was derde.
Francois Verwey (middel) en Barries Griebenouw was in die tweedeplek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'