GHOLFNUUS - Die jaarlikse Spar-gholfdag het verlede Saterdag by die Oudtshoorn-gholfklub meer as 200 spelers vanoor die streek gelok. Hierdie gholfdag, wat in die 4BBB Scramble Drive-formaat beslis is, is een van die gewildste gholfdae op die kalender en vanjaar was die sewende keer dat dit aangebied was.
Daar was oudergewoonte weer groot pryse op die spel vir spelers wat 'n kolhou kon vermag.
Op die agste en vyfde putjie kon die spelers R100 000 inpalm en op die derde en 12de putjie was onderskeidelik 'n Toyota Vitz en Hyundai (i10) op die spel.
Ongelukkig kon geen speler soos in vorige jare, hierdie gesogte pryse opraap nie.
Skillie Pretorius, Oudtshoorn Spar se eienaar, het oudergewoonte 'n beroep op die Oudtshoorn-gemeenskap gedoen om plaaslike besighede te ondersteun.
Al die opbrengste van die dag gaan soos gewoonlik na die gholfklub wat 'n groot finansiële inspuiting is.
Die wenners van die dag is as volg: (almal besoekers)
- C Ludick en D de Koker (56 punte)
- Kosie Keyser en J de Wee (56 punte)
- K Morkel en E Johnson (55 punte).
Die manne slaan af by die agtse putjie.
Van links is die wenners van die Spar-gholfdag: C Ludick en D de Koker. Regs is Skillie Pretorius (borg), eienaar van Oudtshoorn Spar. Foto: Verskaf
Heerlike braaivleis en wors was gratis beskikbaar vir al die deelnemers.
Een van die motors wat op die spel was op die 12de putjie vir spelers wat 'n kolhou kon slaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’