OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Hannes Smal en Louis Slabbert het verlede Woensdag die Oudtshoorn-besigheidskamer se maandelikse gholfdag met 48 punte gewen.
Bykans 70 spelers het afgeslaan met TimberCity wat die hoofborg was. Ettienne Roos en Barnard Griebenow was in die tweede plek. Louis Fourie jr en Kirsten Bredenkamp het in die derde plek geeïndig - almal met 44 punte.
Fourie kon ook daarin slaag om op die 3de putjie die naaste aan die pen te slaan, terwyl Marius Wilken dieselfde op die 12de putjie vermag het.
Gideon Badenhorst, voorsitter van die Oudtshoorn-besigheidskamer, het weereens 'n beroep op die spelers gedoen om die borge te ondersteun en het ook die personeel van die Oudtshoorn-gholfklub geluk gewens met die puik toestand van die baan.
Van links is Paul Stroebel (klubkaptein), Shaun Westraad ( Timbercity), Hannes Smal en Louis Slabbert.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'