OUDTSHOORN GHOLFNUUS - Ettienne Roos en Barrie Griebenouw het verlede Woensdag die Oudtshoorn-sakekamer se laaste gholfdag vir 2019 met 'n telling van 45 punte gewen.
Bykans 80 spelers het op die dag afgeslaan wat deur James King en Badenhorst-prokureurs geborg was. Chloe Kelpin-Malgas en Dawid Greef was in die tweede plek met 44 punte.
Louis Fourie kon daarin slaag om op die 18de putjie 'n arend aan te teken.
Gideon Badenhorst, voorsitter van die besigheidskamer, het tydens sy spreekbeurt sy dank teenoor die borge gespreek wat gedurende die jaar die sakekamer se gholfdae moontlik gemaak het. Hy het ook Helen Butler, die besigheidskamer se administratiewe bestuurder, vir al die reëlings gedurende die jaar bedank.
Die Oudtshoorn-gholfklub, onder leiding van Pieter Strauss, het ook onlangs 'n heiningfonds op die been gebring om die skilpaaie en spelers te beskerm teen boosdoeners.
Voornemende donateurs kan die Oudtshoorn-gholfklub by 044 272 4201 skakel.
Van links is Pieter Stroebel (klubkaptein), Barrie Griebenouw (wenner), Ettienne Roos (wennner), Gideon Badenhorst (borg en voorsitter van die Oudtshoorn-sakekamer) en Helen Butler (sakekamer administratiewe bestuurder).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'