Gallery
GOLFNUUS - Die jaarlikse Klein Karoo Agri-gholfdag wat verlede Donderdag by die Oudtshoorn-gholfklub plaasgevind het was weereens 'n dawerende sukses met bykans 150 spelers wat op die dag afgeslaan het.
Die toernooi, wat vanjaar vir die sewende keer aangebied is, is in die Scramble Drive-formaat beslis.
FOTOGALERY: Klein Karoo Agri-gholfdag
Vanaf vroegoggend reeds het die spelers wat ook uit produsente, verskaffers en borge bestaan by die gholfklub opgedaag met die eerste balle wat vanaf 11:00 afgeslaan is.
'n Heerlike ontspanne atmosfeer het regdeur die dag geheers en spelers kon op byna elke putjie eers 'n blaaskansie neem waar versnaperings en koue drankies op hulle gewag het. Tydens die prysuitdeling het Terblanche du Plessis (besturende direkteur van KKA) 'n tjek ter waarde van R15 000 aan Eljada-nasorgsentrum oorhandig.
Du Plessis het die borge en die produsente bedank vir betrokkenheid by die dag en die gehoor aangemoedig om hulle sover moontlik te ondersteun. Die spelers is na afloop van die prysuitdeling met 'n heerlike ete getrakteer.
Daar was hope gelukstrekkings sowel as groot pryse vir die toptien spanne.
Die eerste drie spanne het as volg gevaar:
- Eerste plek
- Terblanche du Plessis jr.
- Joe Verwey
- Ryan Lipschitz
- Stefan le Roux
- Tweede plek
- Lloyd Koster
- Joe Verwey
- Ryan Lipschitz
- Stefan le Roux
- Derde plek
- Jan-Jurie Schoeman
- Jacques Terblanche
- Schoeman Laubscher
- Pieter Terblanche
Verskeie trekkers en landbouvoertuie is uitgestal vir besigtiging.
Die spelers is afloop van die prysuitdeling met 'n heerlike ete getrakteer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’