OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-gholfklub het Woensdag 31 Januarie hul medalje-houespelkompetisie aangebied.
Nolan Dreyer (eerste), Marius Wilken (tweede) en Gideon Badenhorst (derde) was die algehele wenners.
In die A-, B- C- en vroueafdelings het Anton Theunisen (A-afdeling), Marius Wilken (B-afdeling), Nolan Dreyer (C-afdeling) en M Broughton (vroue) die eerste plekke losgeslaan.
Collin Swiegelaar (eerste en derde putjie), Gerrit van Rensburg (tweede en agtste putjie), Hannes Smal (agtste putjie) Dreyer (twaalfde putjie) en Ettienne Roos (vyftiende putjie) het almal spog tweehoue geslaan.
Dreyer het die prys vir die naaste aan die pen hou gewen en Badenhorst het met die boerpot weggestap.
Saterdag 3 Februarie het Llewellyn Rheeder (43 punte) die dag se individuele spel gewen. Carl-Heinrich Hancke (38 punte) was tweede.
Danie Terblanche was op 'n uittel (38 punte) derde.
Terry van Coller het die boerpot gewen en ook op die derde putjie die bal die naaste aan die pen geslaan.
Rheeder (agtste putjie) en Van Coller (derde putjie) het spog tweehoue geslaan.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'