OUDTSHOORN NUUS - Die Olimore-gholftoer is op Donderdag 7 Junie en Vrydag 8 Junie vir die negende keer in Oudtshoorn en George aangebied.
Die unieke tweedag-gholftoer, waaraan die Oliviers en familielede van Oudtshoorn, Port Elizabeth, Sutherland en Bellville deelneem het sy oorsprong gehad toe Klaas Olivier en sy skoonseun, Richard Moore, in 2004 in Hankey en Humansdorp gaan gholf speel het. Moore sê hulle het toe besluit om dit 'n jaarlikse familie gholftoer te maak.In 2009 het die toer na Oudtshoorn en George geskuif.
Die toer se naam, Olimore-gholftoer, is 'n kombinasie van Olivier en Moore.
Die oudste speler, Elias Olivier, woon in Oudtshoorn.
Donderdag 7 Junie het hulle op die Oudtshoorn-gholfbaan gespeel en die Vrydag in George.
Die 2018 Olimore-gholftoer wenners is:
- Dirk Olivier: Meeste in die sand en water onderskeidelik asook die meeste balle mis geslaan.
- Richard Moore: Naaste aan die pen, Vêrste dryf en syfer drie-kampioen.
- Albertus Jordaan: Saagtrofee vir die meeste gholf.
- Elias Olivier: Plaattrofee.
- Nico Olivier: Olimore-wisseltrofee: 72 individuele Stablefordpunte oor twee rondtes vanaf 'n 19 voorgee.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'