OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-gholfklub het Saterdag 12 April hul gewilde Boere vs Dorp-gholfdag aangebied met 96 spelers wat afgeslaan het.
Die Dorpspan het gewen met 15 teen 8 vir die Boere.
Peter en Phil Mooney was in die eerste plek met 47 punte.
Sarel Fick en Christiaan Barnard was in die tweede plek met 46 punte.
Etienne van Rensburg en JP Cawood was in die derde plek met 45 punte.
Die dag het in goeie gees plaasgevind waarna daar gesellig gekuier is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’