Gallery
OUDTSHOORN GHOLF-NUUS - Byron Minnie en Wynand Vermeulen van George het Saterdag met skitterende spel die eerste Brian's Grill Karoopot KANSA-gholfdag by die Oudtshoorn-gholfklub met ‘n allemintige 56 Stableford-punte gewen.
Ockie Horowitz en Cecil Badenhorst was tweede met vier punte minder die naaswenners en Rudy Mortlock en Salie Oosthuizen op ‘n uittel derde met 49 punte.
Hierna het gevolg J Marais en R Bezuidenhout, Wanita Uys en Ronelle Berry, Pieter Strauss en Heinrich Terblanche, almal met 49 punte, Francois Verwey en Piet Swanepoel met 47 punte, Pieter Swanepoel en C Swart, Dwayne Venter en Bennie van Zyl en Johan Cornelissen en WM Badenhorst, almal met 46 punte.
Ronelle Berry en Morné Tome het die pryse vir die langste drywe op onderskeidelik die derde (vir vroue) en sewende (vir mans) putjies gewen.
Die pryse vir naaste aan die penne is gewen deur Du Toit Kruger (derde), C Vermeulen (agtste), William Phillipus (twaalfde) en Skillie Pretorius (vyftiende).
Altesaam 70 spelers het vir die dag ingeskryf met Brian’s Grill en Karoopot as hoofborg en die totale opbrengs wat aan die Kanse Oudtshoorn-kantoor geskenk is.
Daar was ook talle gelukkige pryse wat met gelukstrekkings opgeraap is asook veilings van skenkings wat van besighede ontvang is.
Amanda Koen van die Oudtshoorn Kansa-kantoor het haar dank teenoor Brian Minnie, die ander borge, spelers en die Oudtshoorn-gholfklub uitgespreek.
Volgens haar ontvang die kantoor geen subsidie van die staat en werk sy en twee kollegas sonder vergoeding, maar vir die liefde vir die saak.
Ronelle Berry en W Uys was die beste vrouepaar.
Hulle bedien 18 dorpe in die Suid-Kaap en Karoo waaronder Victoria Wes, Ladismith, Uniondale en Willowmore.
Minnie het die dag as ‘n reusesukses beskryf en onderneem om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'