OUDTSHOORN NUUS - Die gemeenskap van Lategansvlei het die afgelope naweek Vryheidsdag met sport en opvoedkundige programme in samewerking met die Oudtshoorn-polisie gevier.
Volgens die organiseerder, Dario Urbanski, was dit 'n heuglike dag wat die gemeenskap terdeë geniet het.
Na die formaliteite het lede van die polisie 'n opwindende sokkerwedstryd teen Lategansvlei se kinders gespeel wat in drie doele elk geëindig het.
'n Trok van Shoprite was ook teenwoordig wat kos en lekkernye aan almal verskaf het.
Urbanski het alle rolspelers bedank wat die dag moontlik gemaak het.
Een van die polisiebeamptes spreek die kinders toe. Foto's verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’