OUDTSHOORN NUUS - Vyf spanne het die afgelope naweek aan die Jeug-sokkertoernooi wat by die Infanterieskool plaasgevind het, deelgeneem.
Spelers tussen die ouderdomme van 7 en 16 jaar oud het in verskeie ouderdomsgroepe teen mekaar meegeding en gesorg vir ’n reeks opwindende wedstryde.
Spanne wat aan die toernooi deelgeneem het, was Alpha FC Oudtshoorn / Infanterieskool Junior FC, 1FC Union van Lategansvlei, El-Roi FC van Huis Triomf, Universal FC van Rosevallei en Young Professionals FC van Mosselbaai.
Hoewel daar ook afsonderlike meisiespanne beplan was, is meisies tussen die ouderdomme van 7 en 15 ingespan om saam met seuns in die o.13-afdeling mee te ding, nadat ander miesiespanne nie die geleentheid kon bywoon nie.
Uitslae in die onderskeie ouderdomsgroepe was as volg:
o. 11
- Alpha FC ODN / Inf. Skool Jr. FC 2 - 0 El-Roi FC
Doelmakers: Onenjongo Mvimbi en Emmanuel Swartbooi
o. 13
- 1FC Union 2 - 0 Universal FC
Doelmakers: Jevante Nuys en Shaun-Lee Tiemies - Alpha FC ODN / Inf. Skool Jr. FC 4 - 0 El-Roi FC
Doelmakers: Onenjongo Mvimbi, Emmanuel Swartbooi, Marang Mokobe en Sibu Maphosa - Alpha FC ODN / Inf. Skool Jr. FC 1 - 1 1FC Union
Doelmakers: Bukhomoso (Alpha) en Jevante Nuys (Union) - 1FC Union 3 - 1 El-Roi FC
Doelmakers: Shaun-Lee Tiemies, Jevante Nuys en Jayden Nathan - Universal FC 0 - 1 El-Roi FC
o. 13 meisies vs seuns
- Alpha FC (meisies) 0 - 4 Universal FC
Doelmakers: Juhandre van Wyngaard (2) en Lushade (2) - El-Roi FC (meisies) 0 - 0 Alpha FC
o. 15
- Alpha FC 1 - 1 Young Professionals FC (Mosselbaai)
Doelmakers: Bokhamoso Mangena (Alpha) en Amyoli (YP) - Young Professionals FC 3 - 0 El-Roi FC
Doelmakers: Anelang ++++ (2), Iviwe Dlisani (1, geel kaart ontvang)
o. 17
- Alpha FC 2 - 0 Young Professionals FC
Doelmakers: Aloyise Giyama en Tshepo Matsie - Alpha FC 2 – 1 El-Roi FC
Doelmakers: Butsha Jr Bombsi en Bukhobam Sileko en Tristan Lee Windvogel (El-R
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’