Die wedstryde is lewendig oor EDENfm uitgesaai wat die boodskap van die nuwe liga verder laat uitkring het.
Onder die hooggeplaastes wat die dag bygewoon het, was Charles Standers, die burgemeester van George, asook Wessie van der Westhuizen, die burgemeester van Eden-distriksmunisipaliteit.
Die organiseerders was vol lof vir die hoofborg, Deon Leminie van Niche Logistics, asook die ander borge wat die dag moontlik gemaak het. Ander rolspelers in die dag was die Provinsiale Administrasie Sport en Rekreasie, George-munisipaliteit, alle plaaseienaars wat vervoer verskaf het asook die Uniondale Drankwinkel en Lyonville Superette.

Die span van Kleingeluk wat ook hul slag in die toernooi gewys het.