OUDTSHOORN NUUS - Sokkergeesdriftiges in Lategansvlei kan die komende Wêreldbekersokker lewendig op 'n groot skerm volg.
'n Sokkerklub in Berlyn, Duitsland, FC-Union het geld bewillig aan Dario Urbanski, van Lategansvlei se sokkerstadion, Stadion An der Alten Försterei 2, om 'n dataprojektor aan te koop. Die projektor sal gebruik word om op 'n groot skerm die 2018-Wêreldbekersokker lewendig vanaf die sokkerstadion in Lategansvlei te laat beeldsend.
Urbanski het die projektor by IT Brilliance aangekoop en Vrydag 1 Junie in ontvangs geneem. Urbanski het onderneem om die groot skerm op te rig, waar almal gratis die sokker kan geniet.
Die Wêreldbeker-sokker vind van 14 Junie tot 15 Julie in Rusland plaas.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'