KRIEKETNUUS - Union Stars-krieketklub se vroue T20-span het gister, 16 April, groot opslae gemaak toe dié span Krieket Suid-Afrika (KSA) se nasionale T20-klubkampioenskappe in Potchefstroom gewen het.
Union Stars het in al vyf sy wedstryde met hul teenstanders klaargespeel.
Alhoewel Union Stars se puik veldtog toegeskryf word aan 'n kliniese spanpoging, het briljante individuele spel van spelers soos Micaela Andrews, Janè Winster, Mieke de Ridder en Askahe Nyonvane, die oog gevang.
Union Stars het in die proses met die Lions (JHB), Jendapark United (OP), Lindelani (KZN), Avion (Oostelikes) en Kalahari Eye Warriors (Noord-Kaap) klaargespeel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’