OUDTSHOORN NUUS - Die 2024/25 plaaslike ligas van SWD-krieket sal Saterdag 28 September afskop met die Six Gun Grill T20-kompetisie.
Alle geaffilieerde klubs, tesame met die SWD o. 19’s word in agt poele geloot met die poelwenners wat deurdring na die kwarteindronde op 12 Oktober.
Die halfeindronde is vir 19 Oktober geskeduleer en die eindstryd, wat op die REC gespeel word, vind op 20 Oktober plaas.
Pacaltsdorp United is die verdedigende kampioene en behalwe die titel sal die wenner die geleentheid kry om te kwalifiseer om die Wes-Kaap in die Krieket SA T20-gemeenskapsuitdaging te verteenwoordig.
In die vroueliga begin die Afdeling 1 50-boulbeurtkompetisie en Promosie- en Reserweliga ook hierdie naweek.
Die wedstryde vir die naweek is:
Saterdag 28 September
T20-uitklopkompetisie
Poel A:
Pacaltsdorp United vs New Dawn Park (09:00)
Pacaltsdorp United vs Ramblers(12:10)
New Dawn Park vs Ramblers (15:20)
Plek: Cavaliers Pacs Oval
Poel B:
Harlequins Forces vs Masakhane (09:00)
Western Hope vs Masakhane (12:10),
Masakhane vs Bongolethu (15:20)
Plek: Militêre Sportterrein
Poel C:
NMU vs Blanco (09:00);
NMU vs Mayflower (12:10);
Plett Pioneers vs NMU (15:20)
Plek: NMU Varsity Field
Poel G:
Riversdal vs SWD o. 19 (09:00);
Koplopers vs SWD o. 19 (12:10);
SWD vs George (15:20)
Plek: Rivervale-sportterrein
Poel H:
Knysna Kavaliers vs Hartenbos (09:00);
Pirates United vs Hartenbos (12:10);
Hartenbos vs Kranshoek Cobras (15:20)
Plek: Loerie Park in Knysna
SWD vroueafdeling 2: T20-kompetisie
Thembalethu vs Dysselsdorp (09:00);
Riversdal vs Dysselsdorp (12:10);
Riversdal vs Thembalethu (15:20)
Plek: Hoërskool Imizamo Yethu
Sondag, 29 September
T20-uitklopkompetisie
Poel B: Western Hope vs Harlequins Forces (09:00);
Bongolethu vs Westerse Hoop (12:10);
Harlequins Forces vs Bongolethu (15:20)
Plek: Bridgton A
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’