OUDTSHOORN NUUS - Six Gun Grill SWD-krieket en die Eden-distrik sportakademie (Edsa) het verlede Donderdag 'n vennootskap aangekondig wat SWD-krieketspanne toegang tot 'n gimnasium by die De Jagersportkompleks sal gee.
Hierdie ooreenkoms maak ook voorsiening vir toegang en kantoor-spasie vir die opleidingspersoneel van SWD-krieket.
Tydens die bekendstelling van die vennootskap het Stephnie McKay (EDSA) vir SWD-krieket verwelkom en gesê dat die akademie baie geëerd voel om 'n goedgedrewe en ambisieuse sportkode soos SWD-krieket by die akademie te ontvang.
Rudy Claassen, die president van SWDC, het tydens sy toespraak die sluiting van hierdie vennootskap as 'n langverwagte doelwit van SWD-krieket beskryf.
" 'n Hoë prestasie-oefenfasiliteit van hierdie aard is 'n belangrike deel van ons ambisie om verdere hoogtes in al ons krieketstrukture te bereik en hierdie ooreenkoms sal uiters voordelig wees vir SWD se spanne," het Claassen gesê.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'