OUDTSHOORN NUUS - SWD-krieket het sy afrigters in die verskillende ouderdomsgroepe, as deel van die nuwe krieket provinsiale afrigtingsraamwerk, aangekondig.
Die afrigters is Gurshwin Rabie (akade-mie en o.19), Eduard Strydom (o,17 en o.15), Douglas Baartman (o.13 en o.11) en Shaun Pretorius (vroue en meisies o.19).
Volgens Albertus Kennedy, hoof uitvoerende beampte van SWD-krieket, sal hierdie afrigters verantwoordelik wees om die nuwe afrigtingsraamwerk te implementeer.
"Behalwe vir die implementering van die nuwe afrigtingsraamwerk, sal hulle ook die nuwe spelers prestasieplan, waar toekomstige eersterangse spelers geïdentifiseer word, in plek moet sit. Dit sal in samewer-king met sleutelrolspelers, soos skole, klubs en opleingssentrums.
"Die doelwit van dié plan is om geïdentifiseerde spelers se spel te verbeter."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'