CRICKET NUUS - Oudtshoorn se krieketveld op die Rec is van Saterdag 9 September, die speelveld vir twee tweedagkrieketwedstryde tussen die WSB Cape Cobras en die Warriors.
Die wedstryde sal as voorbereidings vriendskaplike kragmetings vir die Sunfoil-krieketreeks, wat eersdaags begin, dien. Protea-spelers, soos Vernon Philander, JP Duminy en Temba Bavuma sal vir die Cobras in aksie wees.
Die Sunfoil-krieketreeks begin op 19 September, wanneer die VKB Knights teen die Cape Cobras (Mangaung Oval, Bloemfontein), die Lions teen die Warriors (Wanderers, Johannesburg) en Titans teen die Dolphins (SuperSport Park, Centurion) te staan kom.
Saterdag begin die aksie in Oudtshoorn, met die eerste van twee tweedag-voorbereidingswedstryde. Die tweede wedstryd sal op Dinsdag 12 September en Woensdag 13 September plaasvind.
Albertus Kennedy, hoof uitvoerende beampte van SWD Krieket, beskryf Philander, Duminy en Bavuma se deelname as 'n hoogtepunt vir die vriendskaplike wedstryde.
Toegang tot die Rec is gratis vir die beide tweedagwedstryde.
Hierdie twee wedstryde sal opgevolg word met die Cape Cobras wat in die Sunfoil-reeks op die Rec teen die VKB Knights (6-9 Oktober) en die Dolphins (23-26 Oktober) te staan sal kom.
Die spanne vir die twee voorbereidingswedstryde is:
WSB Cape Cobras
Andrew Puttick, Aviwe Mgijima, Dane Paterson, Dane Piedt, Dayyaan Ga-liem, George F. Linde, Jason Smith, Justin Ontong, Kyle Verreynne, Lizaad Williams, Pieter Malan, Qaasim Adams, Simon Khomari, Tshepo Moreki, Zubayr Hamza, Jean-Paul Duminy, Temba Bavuma en Vernon Philander.
Warriors
Bokako Tladim, Andrew Birch, Ayabu-lela Gqamane, Basheer Walters, Clyde Fortuin, Lesiba Ngoepe, Michael Price, Ngazibi Sigwili, Thando Mnyaka, Sisanda Magala, Anrich Nortje, David White en Yaseen Vallie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'