OUDTSHOORN KRIEKETNUUS - 'n Oefengroep van 30 spelers is vandeesweek gekies na afloop van die Oudtshoorn Premierliga vlakkiekrieket-ontwikkelingstoernooi (OPL) wat verlede Sondag ten einde geloop het.
Hierdie uitgesoekte spelers sal volgens Gavin Pietersen (koördineerder van die OPL) op 12 Desember toer waar hulle vlakkiekrieketspanne van Worcester en Paarl gaan aandurf.
Die oefengroep sal dan die tuisbeen op 18 en 19 Desember in Oudtshoorn pak.
Die oefengroep van 30 spelers se eerste oefenkamp ter voorbereiding van die toer is Sondag by die Toekomsrus-kliniek gespeel.
Die finale groep sal op 6 Desember deur die OPL-bestuur aangekondig word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'