TUINROETE NUUS - Union Stars-krieketklub se vrouespan het die afgelope naweek die SWD Vroueliga-titel vir die negende keer in sy geskiedenis ingepalm toe hulle George met 66 lopies geklop het. Die wedstryd is by Oudtshoorn-sportterrein in koelerige toestande gespeel.
Weens reën is die toegelate 50-boulbeurte, tot 49 verkort.
George het die loot gewen en besluit om die tuisspan eerste in te stuur om te kolf waarna hulle 178 lopies op die telbord geplaas het.
Stars se veteraankolwer Julandi Saayman, was die groot uitblinker en het 59 lopies aangeteken. Die 18-jarige Mariana Breedt was George se beste bouler met drie paaltjies vir 36 lopies.
In antwoord op Union Stars se teiken kon George slegs 113 lopies vir die verlies van nege paaltjies vermag. In die boulafdeling was dit Miceala Andrews wat verwoestend was met bal in hand en het met haar vyf paaltjies die hart uit George se kolforde geruk.
Union Stars wen met 65 lopies.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’