OUDTSHOORN NUUS - Die Vlakkie-kriekettoernooi is op Maandag 28 April in Bridgton gespeel met ses spanne uit die distrik wat deelgeneem het.
Volgens Phillip Seroux, organiseerder en gemeenskapsleier, was dit 'n uiters suksesvolle dag met goeie krieket wat in goeie sportmansgees en ondersteuning van toeskouers plaasgevind het.
Die dag is aangebied deur die Oudtshoorn Christelike Jeugforum wat ook hul 15de bestaansjaar vier, almal is betrokke waaronder die polisie en plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum. Daar is meegeding om die gewilde 'Baasraak-trofee'.
Volgens Seroux kom baie klub-, provinsiale en selfs nasionale krieketspelers uit vlakkiekrieket. "Ons het na afloop van die eindstryd 'n span gekies wat hopelik die dorp op streekvlak sal kan verteenwoordig en is 'n positiewe skuif in krieketontwikkeling op plaaslike vlak.
"Ons wil graag interaksie sien tussen vlakkiekrieket, skole- en klubkrieket, sowel as SWD-krieket. Ons wil hê krieketbestuurders, afrigters, skeidsregters en komiteelede moet die wedstryde bywoon."
VIDEO:
Uitslae
Die Laeveld Stars is as wenners van die dag aangewys met 'n telling van 23 -22 in die eindstryd teen Lion Warriors. In die halfeindstryd het die Laeveld Stars korte mette gemaak met die Dysselsdorp Proteas met 'n telling van 19 - 15.
Kontak Seroux vir meer besonderhede rakende vlakkiekrieket by 079 987 9486.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’