OUDTSHOORN NUUS - Die Sunfoil-krieketkompetisie driedag-wedstryd tussen SWD en Noordwes Dragons, wat op die Rec in Oudtshoorn gespeel is, het gelykop geëindig, na slegs 13 paaltjies in die drie dae se spel geval het.
Met eerstebeurt tellings van 385/7 en 569/6 is die toeskouers met briljante kolfwerk vermaak.
SWD het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle het hul aan die einde van dag een se spel hul eerste kolfbeurt op 385/7 (104 boulbeurte) verklaar.
Letlotlo Sesele (93; 163 balle, 12 x 4) en Daniel Sincuba (49) het met 'n 107 lopies vennootskap om die derde paaltjie, SWD hoop gegee op 'n wen. Beide was ongelukkig om onderskeidelik nie hulle 110- en 50-tal te bereik nie.
Die kolfpaar het in bloedige hitte die aanskoulike krieket gespeel, voor Obus Pienaar (119*; 169 balle; 2 x 6, 14 x 4) en Hanno Kotze (72; 74 balle, 1 x 6, 11 x 4) die toeskouers verder vermaak het met 'n 128 lopies vennootskap om die vyfde paaltjie.
Kotze, wat byna 'n lopie per bal geslaan het, het sy hoogste eersteklas krieketteling aangeteken. Vir Pienaar was dit sy agtste eersteklas honderdtal.
Noordwes het vir 168 boulbeurte vas gestaan, voor hulle net voor teetyd op dag drie op 569/6 verklaar het. Die twee kapteins het onmiddellik na Noordwes verklaar het, hand geskud en die wedstryd is as onbeslis verklaar. Vir die Dragons het Janneman Malan (67), Isaac Dikgale (76), Richard Frenz (130), André Malan (151) en Ruan Haasbroek (59) uitgeblink met die kolf. Pienaar, wat 45 boulbeurte geboul het, was SWD se suksesvolste bouler toe hy vier paaltjies vir 146 lopies laat kantel het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'