OUDTSHOORN NUUS - Een van Oudtshoorn se bekendste langasematlete, Tony Cleophas (59), beplan om met ’n goeie tyd in vanjaar se Sanlam Cape Town Marathon te kwalifiseer vir die Wêreld Meesters kampioenskap in 2026 te kwalifiseer.
“Om dit reg te kry moet ek in vanjaar se wedloop die afstand in minder as drie ure voltooi,” het Cleophas dié week gesê.
“Ek beoog om die wedloop in 2 uur 55 minute voltooi en ter voorbereiding daarvoor oefen ek tweekeer per dag vir ses van die week.”
Cleophas spog met verskeie plekke op die wennerspodium in wedlope waaraan hy die afgelope tyd deelgeneem het.
Hy het in die 2024 Eden straatmyl-reeks en die Meesters Fancourt 10 km derde plekk in die meesters-kategorie losgehardloop.
Hy was ook die eerste meesteratleet in die Two Lagoons 10km, die Tortoise Tuff 10 km, die Outeniqua Marathom 10km asook die Meesters Run your City 10km Absa-reeks wat hy met ‘n tyd van 41 minute gewen het.
Vanjaar se Sanlam Cape Town Marathon vind plaas op 19 Oktober en die Wêreld Meesters Sanlam CT Marathon in Mei 2026.
Cleophas draf vir die Boxer Atletiekklub SWD en word in Desember vanjaar ’n Groot Meester wanneer hy 60 word, en dan in die 60jr plus-groep kan meeding.
Enigeen wat hom met aanvullings wil help of enige draftoerusting aan hom wil skenk, kan Cleophas skakel by 066 508 6663.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’