OUDTSHOORN NUUS - Daar blyk verwarring te wees met sy marathon-uitslae wat die atleet, Tony Cleophas, verlede week aan die Oudtshoorn Courant verskaf het.
Volgens hom was hy met 'n tyd van 03:01:00 die derde atleet in sy ouderdomsgroep (50-59) oor die wenstreep tydens die Mandela Day Ma-rathon in Durban voorverlede naweek. Hy het verlede week die koerant besoek en die uitslag mondeling gegee.
Nadat die berig verlede week verskyn het, het die Nedbank-atletiekklub egter die uitslae be-vraagteken en gesê die inligting wat Cleophas verskaf het was verkeerd.
Hulle het die amptelike uitslae van die marathon aan die koerant gestuur. Volgens dié inligting was die derde atleet in die kategorie Vusi Ndlovu met 'n tyd van 02:59:17. Cleophas se amptelike tyd was 04:06:51 en hy het in posisie 57 van die manskategorie 50 tot 59 jaar geëindig.
Hy het hierdie week gesê 'n beoordelaar het glo die tyd en plek vir hom aan die einde van die wedloop gegee.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'