OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Twee SA Tweekamp-rekords is onlangs op Oudtshoorn deur Thomas van der Merwe van Paarl Gimnasium Laerskool en dr. Mike McDonald van George verbeter.
Van der Merwe het die seuns o.11-rekord verbeter met 2 459 punte wat hy opgestapel het.
McDonald se nuwe senior meesters mans (70+)- rekord is 2 414 punte.
Dr. Mike McDonald
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'