Dup du Plessis het goud behaal in gewigstoot, diskus, hamergooi en massagewig, asook brons in spiesgooi.
Chris Willemse het brons behaal in diskus.
Heleen Knobel het goud behaal in spiesgooi, diskus, hamergooi en gewigstoot, en silwer in massagewig.
Robert Plotz het brons behaal in die 100m en 200m.
Dawie Heunis het goud behaal in hoogspring, diskus en hamergooi.
Guste Willemse het goud behaal in verspring, driesprong en 100m en Toy Ungerer het goue medaljes in die 100m, 200m en 400m-afdelings ingepalm.

Verskeie SWD-meestersatlete het verlede Saterdag in Kaapstad aan die WP-kampioenskappe deelneem. Agter van links: Dup du Plessis, Chris Willemse, Heleen Knobel, Robert Plotz, Dawie Heunis, Guste Willemse en Toy Ungerer. Foto: verskaf.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'