TUINROETE NUUS - Die gewilde Strawberry-veldwedlope wat Saterdagoggend by die Redberry Farm in Blanco plaasgevind het, het ‘n rekordgetal van 500 deelnemers gelok.
Die wedlope is deur Nedbank SWD-atletiekklub aangebied.
Die 9 km-wedloop is deur die Nedbank SWD-atlete, Lloyd Bosman (31:23), Donavan Jantjies (32:04) en Godwin Heyns (34:24) oorheers.
Melissa van Rensburg (41:14), ook van Nedbank, was die eerste vrou oor die wenstreep. Haar spanmaat, Anastatia Plaatjies (43:19) en Marisa du Plessis (45:50) wat in tydelike kleure deelgeneem het, het haar gevolg.
Die Nedbank SWD-atlete, 16-jarige Deeno Baartman (18:00), 'n gr. 9-leerder by Parkdene Sekondêr, Jerome Ferland (20:04) en Darryl Solomons (22:02) was baas in die 5 km-wedloop.
Die 16-jarige, Louw-Anne Lourens (24:34) 'n gr.10-leerder by Hoërskool George, wat in die kleure van Nedbank SWD deelneem het, het die opeafdeling vir vroue gewen. Haar spanmaats, Zhane Vorster (24:58) en Talita van Zyl (28:57) het haar gevolg.
Image caption
Op 'n drafstap nader die drie atlete die eindpunt van die 9 km-wedloop tydens die Aarbeifees wat Saterdag in George aangebied is. Van links: Chané Gricius (Grasshopper Outeniqua Harriers), Charles Helm en Lampies Lamprecht, oudburgemeester van Oudtshoorn. Foto's: Anton Gericke
Lampies Lamprecht, oudburgemeester van Oudtshoorn, en sy vrou, Linda, net ná afloop van die 9 km-wedloop.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'