OUDTSHOORN ATLETIEK NUUS - Die jaarlikse Schoemanshoek-wedlope oor 21,1 km en 10 km het verlede Saterdag 260 deelnemers gelok. 'n Gedeelte van die roete was 'n uitdagende veldwedloop.
Die wedlope het met die kerkbasaar van die NG Kerk Kangovalleie saamgeval.
Atlete van Oudtshoorn het teen atlete van oor die Suid-Kaap deelgeneem en goed presteer.
Oudtshoorniete wat podiumposisies beklee het, was:
John April en Francois Maquassa: onderskeidelik tweede en derde in die ope afdeling van die 21,1 km.
Louisa de Buisson: eerste in die 21,1 wedloop vir meestersvroue (50-59)
Ernst van Zyl: eerste mansstapper.
Anderson Ncube: tweede in die ope afdeling 10 km.
Patrick Peters en Iona du Plessis: die eerste man en eerste vrou in die 10 km (50-59).
Leon van der Merwe: eerste plek in 10 km (60-69).
Cecilia Swiegers: was eerste in die 10 km-wedloop (80+).
Mariana van Zyl: wenner van die 10 km-stap.
Iona du Plessis en Patrick Peters.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'