TUINROETE NUUS - Die jaarlikse Palm Tyres-padwedlope oor 21,1 km en 10 km vind op Saterdag 8 Desember in George plaas. Dié gewilde wedloop is die tweede oudste wedloop in George en word sedert 1996 deur Palm Tyres geborg.
Die wedlope begin en eindig by Palm Tyres in Symmonslaan. Die 21,1 km-wedloop begin om 06:00 en die 10 km om 06:15.
Voorafinskrywings vir die wedlope het reeds gesluit, maar laatslapers kan Saterdagoggend vanaf 04:45 by Palm Tyres inskryf. Die koste vir die laatinskrywings is onderskeidelik R65 en R55 vir die 21,1km en 10 km.
Klubatlete betaal R20 ekstra. Tydelike atlete moet 'n daglisensie van R35 betaal.
Alle atlete wat die wedlope voltooi sal medaljes ontvang en die verskillende kategoriewenners sal prysgeld ontvang.. Daar is ook 'n gelukstrekking tydens die prysuitdeling om 09:30.
Skakel Duppie du Preez by 084 501 0168 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'