Die SWD-span het uitstekend gevaar deur ’n totaal van 27 medaljes te verower wat as volg toegeken is:
65+
Ingo Hildebrand: Goue medalje vir spiesgooi en hamergooi, silwermedalje vir gewigstoot, diskus, Griekse diskus en massagooi (SWD-rekord).
Toy Ungerer: Goue medalje vir 100 m, 200 m, 400 m en hoogspring (SWD rekord).
60+
Lampies Lamprecht: Goue medalje vir 1500 m en silwer vir 800 m. Dup du Plessis: Silwermedalje vir diskus en gewigstoot.
55+
Darius van der Merwe: Goue medalje vir spiesgooi en Griekse diskus.
50+
Frans Kalp: Goue medalje vir 100 m, 200 m en 400 m.
45+
Jacoleen Coetzee: Silwermedalje vir massabal, gewigstoot en Griekse diskus. Tony Cleophas: Goue medalje vir 5000 m.
40+
Andries Marais: Goue medalje vir diskus en silwermedalje vir gewigstoot en hamergooi.
Jolette van den Berg: Bronsmedalje vir 100 m.
Lede van die SWD-meestersatletiekspan is agter van links Lampies Lamprecht, Ingo Hildebrand, Andries Marais en Frans Kalp. Voor van links is Jacoleen Coetzee, Jolette van der Bergh, Toy Ungerer en Darius van der Merwe. Afwesig:Dup du Plessis en Tony Cleophas.
Toy Ungerer nader die wenstreep in die 65+ 200 m vir vroue. Foto: Ilse Schoonraad