OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Madiba-padwedlope, een van die grootstes in George, word Saterdag weer aangebied.
Die wedlope, wat by Eenheidspark aan die bo-punt van Yorkstraat begin en eindig, begin om 08:00.
Benewens 'n 3 km-pretloop kan die ernstige atlete aan die 10 km- of 21,1 km-wedloop deelneem.
Die Madiba-wedlope word weer deur die George-munisipaliteit ondersteun en deur Atletiek SWD (ASWD) aangebied.
Met aanloklike prysgeld vir die kategoriewenners in die 10 km- en 21,1 km-wedlope behoort die topatlete in die SWD in aksie te wees.
Dis 'n heen-en-weer roete na die oostelike deel van George. Caledonstraat en die bopunt van Yorkstraat sal tydens die wedlope gesluit wees.
Die inskrywingsgelde vir die pretloop is R20 vir volwassenes, maar kinders neem gratis deel.
Die 21.1 km kos R65 vir klubatlete en R35 ekstra vir tydelike atlete. En die 10 km betaal klubatlete R55 en tydelike atlete R35 ekstra.
Atlete kan Saterdag vanaf 06:45 laat inskryf by Eenheidspark teen 'n laatfooi van R20.
Alle atlete wat die wedloop voltooi sal medaljes kry.
Ná afloop van die wedloop is daar 'n prysuitdeling om 11:00 met die gebruiklike gelukstrekking.
Vir navrae kontak Soraya by ASWD by 044 873 0023 of Duppie by 084 501 0168.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Tuinroete nuus'