OUDTSHOORN ATLETIEKNUUS - Die voorsitter van die Klein Karoo Atletefonds KKAF, Hans van der Veen, het na 'n bestuursvergadering verlede week besluit dat die jaarlikse gewilde Klein Karoo Sake-aflos weens die impak van die Covid-pandemie se veiligheidsriglyne afgelas word.
Die sake-aflos word jaarliks deur Timbercity geborg en is 'n poging van die KKAF om kulturele diversiteit in die dorp verder te bevorder.
Dit was geskeduleer om op Maandag 1 Maart plaas te vind.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'